Psalms 44:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek sal nie op my boog vertrou nie, en my swaard sal my nie red nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons kan deur u krag ons vyande verslaan en ons aanvallers in u Naam vertrap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan. |
| Afrikaans 1983 | Met u hulp sal ons ons teëstanders verslaan, in u Naam sal ons dié oorwin wat teen ons opstaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met U deurboor ons ons teenstanders; in u Naam trap ons hulle plat wat teen ons opstaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As U by ons is, dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is. As U ons stuur, dan sal ons die mense plat trap wat oorlog wil maak teen ons. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met u hulp sal ons die mense wat met ons baklei onderstebo loop. In u Naam wen ons die mense wat teen ons opstaan. |