Psalms 44:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U is my Koning, o God: beveel verlossings vir Jakob. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het nie die land met hulle swaarde verower, of die oorwinning deur eie krag behaal nie. Dit was deur u krag, deur u teenwoordigheid en u goedheid, omdat U hulle liefhet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het. |
| Afrikaans 1983 | Dit is nie met die swaard dat u volk die land in besit geneem het nie, nie deur hulle eie mag dat hulle die oorwinning behaal het nie, maar deur u krag, u mag en u teenwoordigheid, omdat U hulle liefgehad het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, ons voorouers het nie met hulle swaard 'n land in besit geneem nie; hulle arm het nie aan hulle die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u teenwoordigheid, omdat U hulle goedgesind was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, hulle het die land gevat, maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie, hulle het gewen, maar nie omdat hulle self sterk was nie. Nee, dit was Ú wat sterk was en wat by hulle was, omdat U lief was vir hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was nie u kinders se wapens wat so goed was dat hulle die oorlog gewen het nie. Nee, dit was nie hulle wat so sterk was nie. Dit was U. U het hulle met u groot krag gehelp. U wou hulle help omdat U baie lief is vir hulle. |