Psalms 44:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het die land nie deur hulle eie swaard in besit geneem nie, en hulle eie arm het hulle nie gered nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n guns in hulle gehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U self het die heidense nasies uitgedryf deur u mag en die land aan ons voorouers gegee. U het hulle vyande vernietig, en ons voorouers vrygemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | U self het met u hand nasies verdrywe, maar hulle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit. |
| Afrikaans 1983 | U het nasies met u eie hand verdryf, maar u volk 'n vaste woonplek gegee. U het nasies se mag verbreek om aan u volk vryheid te gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U, U het met u eie hand nasies verdryf, maar húlle het U geplant, U het volke geteister, maar húlle het U laat uitbrei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het self volke weggejaag en vir u volk 'n woonplek gegee. U het die ander volke laat swaarkry en U het dit goed laat gaan met u volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met u groot krag het U vreemde volke voor u kinders uit verjaag. Vir u kinders het U ’n blyplek gegee. |