Psalms 44:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons siel is neergebuig in die stof, ons buik kleef aan die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom kyk U anderpad? Hoekom kyk U verby ons ellende en verdrukking? |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking? |
| Afrikaans 1983 | Waarom draai U u rug vir ons? Waarom steur U U nie aan ons ellende en smaad nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom verberg U u gesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom kyk U weg? Hoekom maak U of U nie weet dat ons swaarkry en dat mense ons verdruk nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U maak asof U nie daar is nie. U speel wegkruipertjie met ons. U steur U nie aan ons nie! U draai die rug vir ons terwyl ons swaarkry en mense met ons spot. |