Psalms 44:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ons die Naam van onse God vergeet het, of ons hande uitgesteek het na 'n vreemde god;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar in die woestyn het U ons verpletter; donkerte en dood het U oor ons gebring.
Afrikaans 1933/1953 alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.
Afrikaans 1983 Tog het U ons verwoes; ons land het 'n puinhoop geword; U het die donker oor ons laat toesak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar U het ons verpletter deur van ons 'n plek te maak waar woestynjakkalse hou; U het ons met digte duisternis bedek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar U het ons woonplek stukkend geslaan, en U het dit 'n plek gemaak waar jakkalse woon, U het dit baie donker rondom ons gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tog het U ons vernietig. Ons huise is afgebreek. Ons leef in die land waar die dood vir ons loer.