Psalms 44:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe U die nasies met U hand verdryf en hulle geplant het; hoe U die volk verdruk en verdryf het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met ons eie ore het ons gehoor, o God, ons voorouers het ons vertel van alles wat U voorheen gedoen het in die dae lank gelede. |
| Afrikaans 1933/1953 | o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd. |
| Afrikaans 1983 | Met ons eie ore het ons gehoor, o God, ons vaders het ons dit vertel, dat U in die ou dae, in die gryse verlede, 'n groot daad gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | O God, met ons eie ore het ons dit gehoor, ons voorouers het ons vertel van die dade wat U verrig het in hulle tyd, in die ou tyd: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, ons het dit self gehoor, ons voorvaders het dit vir ons vertel. U het iets gedoen toe hulle gelewe het, lank gelede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons oupas en oumas het vir ons gesê U, o God, het baie groot dinge in hulle tyd gedoen. Dit was lank, lank gelede, toe U vir die Israeliete ’n land gegee het. |