Psalms 44:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die stem van hom wat smaad en laster; ter wille van die vyand en wreker. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My skande is dag na dag voor my; oor my gesig is skaamte geskryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my; |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan dag vir dag gebuk onder die skande, en die smaad is op my gesig te lees, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele dag lank verduur ek vernedering en is my gesig rooi van skaamte |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet nie waar ek moet wegkruip nie, ek hou nie op om skaam te wees nie |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons word heeltyd verneder. Ons kan niemand meer in die oë kyk nie. Ons is te skaam. |