Psalms 43:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal ek gaan na die altaar van God, na God my groot vreugde; ja, op die siter sal ek U loof, o God my God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal ingaan na die altaar van God, na God, die bron van vreugde en blydskap. Ek sal U loof met die harp, o God, my God! |
| Afrikaans 1933/1953 | dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God! |
| Afrikaans 1983 | Laat my ingaan na die altaar van God, die God oor wie ek wil jubel en juig, dat ek U kan loof met die lier, o God, my God! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God wat my van blydskap laat jubel, en sodat ek U, o God, my God, kan prys met 'n lier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal ek na die altaar van God gaan, die God wat my bly maak. Ek sal U prys met die lier, o God, my God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil U aanbid, God. U maak my hart altyd bly. God, ek wil u Naam prys. U is my God! Ek loof U met musiekinstrumente. |