Psalms 43:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Stuur U lig en U waarheid uit; laat hulle my lei; laat hulle my bring na U Heilige berg en na U tente. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei. Laat dit my bring na u heilige berg, na die plek waar U woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Stuur u lig en u waarheid; laat die my lei; laat die my bring na u heilige berg en na u woninge, |
| Afrikaans 1983 | Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Stuur u lig en u waarheid; laat dit my lei, my bring na u •heilige berg en na u woonplek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet u lig vir my laat skyn en U moet die waarheid oor my sê. U lig en u waarheid moet my lei en moet my terugneem na u gewyde berg, u woonplek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak my lewe vol met u lig. Wys my wat reg en goed is. Help my. U gee tog om vir u kinders. Wys vir my wat om te doen. Sit my voet op die regte pad sodat ek U weer voluit kan dien. En bring my terug na u woonplek toe. |