Psalms 43:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U is die God van my sterkte; waarom verwerp U my? waarom gaan ek treur oor die onderdrukking van die vyand? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want U, o God, is my veilige skuilplek. Hoekom het U my dan verstoot? Hoekom moet ek rou omdat vyande my verdruk? |
| Afrikaans 1933/1953 | Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking? |
| Afrikaans 1983 | Net U is my skuiling, my God; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U is immers die God by wie ek toevlug soek. Waarom verwerp U my dan; waarom moet ek in rouklere loop oor die verdrukking deur 'n vyand? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, U is die God wat my moet beskerm. Hoekom het U my weggestoot? Hoekom moet ek aanhou rou omdat vyande my laat swaarkry? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By U voel ek veilig, God. U beskerm my. Maar hoekom los U my nou alleen? U verwerp my. Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyande my laat swaarkry? |