Psalms 42:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal tot God, my rots, sê: Waarom het U my vergeet? waarom gaan ek treur oor die onderdrukking van die vyand? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog sal die Here bedags weer sy trou betoon. Selfs in die donker nag sing ek sy lied, ’n gebed tot die God van my lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe. |
| Afrikaans 1983 | Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing, 'n gebed tot die God van my lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bedags sal die Here sy troue liefde laat geld, en snags sal 'n lied vir Hom by my opkom, 'n gebed tot die God van my lewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die Here elke dag vir my doen wat Hy belowe het, dan sal ek elke nag 'n lied vir Hom sing, ek sal bid tot die God wat my laat aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here sal my weer bevry. Bedags sal Hy by my wees met sy liefde, terwyl ek in die nag lofliedere vir Hom sal sing. In my gebed sal ek by Hom wees. Ek sal tot Hom bid, want Hy is die God wat my oppas. |