Psalms 42:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die HERE sal sy goedertierenheid bedags beveel, en in die nag sal sy lied by my wees en my gebed tot die God van my lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 die rumoer van u watervalle druis en dreun. So het al u strome en golwe ook oor my gegaan.
Afrikaans 1933/1953 Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
Afrikaans 1983 waar die waters teen mekaar raas en u waterstrome bruis. U het golf na golf oor my laat slaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die diep water laat die geluid van u watervalle weergalm. Al u deinings en golwe het oor my gespoel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer U die watervalle laat raas, dan is dit soos wanneer die diep waters vir mekaar skree, en U al die branders en die groot golwe oor my laat spoel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die agtergrond bruis die waterstrome. Net soos die watermassas oor die stompe en klippe slaan, so het U ’n groot klomp swaarkry en hartseer oor my laat spoel.