Psalms 42:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dieptes roep tot dieptes van die geraas van jou waterstrome; al jou golwe en jou golwe het oor my gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 en my God! Tog is ek nou terneergedruk. Ek onthou hoe, vanaf die Jordaangebied, vanaf die berge van Hermon en die hoogte van Miskar,
Afrikaans 1933/1953 o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.
Afrikaans 1983 en my God! Uit my vertwyfeling roep ek na U hier van die Jordaangebied, van Hermonberg, van die Kleinberg af
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My God! My siel kwyn weg in my, daarom dink ek aan U hier uit die Jordaanstreek en by die Hermonberge, hier van berg Misar af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy is my God. Wanneer ek so treurig is, dan dink ek aan U hier waar ek is in die land by die Jordaan-rivier en by die Hermon-berge, hier by die Klein-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My God, ek is heeltemal moedeloos. Hier sit ek by ’n waterstroom ver van die plek waar ek U aanbid het. Hier ver weg van almal dink ek aan U. My gedagtes dwaal ver terug.