Psalms 42:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O my God, my siel is in my binneste neergewerp; daarom sal ek aan u dink uit die land Jordaan en van die Hermoniete, van die heuwel Misar af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van sy aangesig! |
| Afrikaans 1983 | Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom weer prys vir die verlossing wat sy teenwoordigheid bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie, ek moet glo dat God my sal help, ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys. Hy is naby, Hy sal my red, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Moenie twyfel nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek baie swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red. Ek sal weer vir Hom ’n loflied sing. |