Psalms 42:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek aan hierdie dinge dink, stort ek my siel in my uit; want ek het saam met die skare gegaan, ek het saam met hulle na die huis van God gegaan, met 'n stem van vreugde en lof, met 'n menigte wat fees gehou het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My trane is my kos, dag en nag, terwyl teenstanders my aanhoudend tart en sê: “Waar is dié God van jou?” |
| Afrikaans 1933/1953 | My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? |
| Afrikaans 1983 | Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar is jou God nou?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Trane is dag en nag my brood, omdat daar die hele dag lank vir my gevra word: “Waar is jou God?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My trane is my kos, ek huil elke dag en nag wanneer mense aanhou om vir my te vra: “Waar is jou God?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al wat ek op die oomblik doen, is huil. My hele lewe is een groot stuk hartseer. Alles binne-in my skeur wanneer slegte mense vir my sê: “Nou waar is jou God dan? Hoekom help Hy jou nie?” |