Psalms 42:12 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder en my God!
Afrikaans 1983 Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom, my God, weer prys vir die verlossing wat Hy, my God, deur sy teenwoordigheid bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie, ek moet glo dat God my sal help, ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys. Hy is naby, Hy sal my red, Hy is my God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Hoekom so hartseer? Vertrou net op God. Ek sal Hom weer loof, al kry ek swaar. Dit is Hy wat my sal help. Hy is my God.