Psalms 42:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom is jy neergewerp, o my siel? en waarom is jy onrustig in my? hoop jy op God, want ek sal Hom nog loof wat die gesonde van my aangesig en my God is.
Afrikaans (NLV) 2011 Dis soos ’n diep wond in my binneste wanneer vyande met my spot, wanneer hulle dag na dag vra: “Waar is jou God?”
Afrikaans 1933/1953 Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? [ (Psalms 42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van my aangesig en my God! ]
Afrikaans 1983 Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: “En waar is jou God nou?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sny tot op die been, as my teenstanders my tart deur die hele dag lank vir my te vra: “Waar is jou God?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit voel of iemand my doodsteek wanneer my vyande my spot en aanhou sê: “Waar is jou God?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit voel of hulle ’n mes in my hart steek as hulle heeltyd vir my sê: “Waar is jou God dan? Hoekom help Hy jou nie?”