Psalms 42:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos met 'n swaard in my gebeente, smaad my vyande my; terwyl hulle daagliks vir my sê: Waar is jou God?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal roep tot God en sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek met rouklere loop omdat die vyand my verdruk?”
Afrikaans 1933/1953 Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?
Afrikaans 1983 Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek wil vir God sê: “My rotsvesting, waarom het U my vergeet, waarom moet ek in rouklere loop oor die verdrukking deur 'n vyand?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vir God sê: My Rots, hoekom het U my vergeet? Hoekom moet ek aanhou rou omdat vyande my laat swaarkry?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil vir God sê: “U bewaar my mos! Waarom het U dan vergeet om my te help? Waarom moet ek so swaarkry? Waarom moet ek hartseer wees? Mense wat niks van my hou nie, maak dit vir my moeilik. Hulle gespot word vir my te erg.”