Psalms 41:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE sal hom versterk op die bed van kwyn: U sal sy hele bed maak in sy siekte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal hom beskerm en hom die lewe laat behou. Hy gee aan hom voorspoed in die land en lewer hom nie oor in die mag van sy vyande nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie. |
| Afrikaans 1983 | die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan. U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; hy sal gelukkig genoem word in die land. U moet hom nie uitlewer aan die begeerte van sy vyande nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal hom beskerm en hom laat aanhou lewe, die Here sal hom 'n gelukkige mens maak in hierdie land. U sal hom nie vir sy vyande gee sodat hulle met hom kan doen wat hulle wil nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal jou beskerm en keer dat die dood jou oorval. Hy sal jou gelukkig maak, waar jy ook al is. Almal sal vertel hoe goed dit met jou gaan. Die Here sal nie toelaat dat mense wat niks vir jou omgee, jou onder hulle voete vertrap nie. |