Psalms 40:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê ek: Kyk, ek kom; in die boekrol is van my geskrywe: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Slagoffers of graanoffers wil U nie hê nie. U het my in staat gestel om te luister. Brandoffers of sonde-offers het U nie nodig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit is nie diereoffers of graanoffers wat U wil hê nie, nie brandoffers of sondeoffers wat U vra nie; U wil gehoorsaamheid hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Slagoffers en •graanoffers is nie wat U wil hê nie – U het my ore oopgemaak – •brandoffers en •reinigingsoffers het U nie gevra nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U wil nie offers en presente hê nie, U wil hê dat ek moet luister na wat U sê. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offers moet bring nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U stel nie daarin belang dat mense geskenke of offers na U toe bring nie. U vra net gehoorsaamheid aan U. |