Psalms 40:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Slagoffer en spysoffer het jy nie begeer nie; my ore het jy oopgemaak; brandoffer en sondoffer het jy nie geëis nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Here my God, U het baie wonders gedoen. U planne vir ons kan met niks vergelyk word nie. As ek van al u wonderdade wil vertel, is dit te veel om op te noem.
Afrikaans 1933/1953 Groot dinge het U gedoen, HERE my God -- u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
Afrikaans 1983 Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So baie het U, Here my God, gedoen – u wonders en wat U vir ons beplan het. Niemand kan met U vergelyk word nie. Ek wil dit graag bekend maak, en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U, my God die Here, U het baie wonderwerke gedoen en U het baie dinge oor ons besluit. Niemand is soos U nie. As ek wil vertel wat U gedoen het en daaroor wil praat, dan is alles te veel om te tel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, my God, U het wonderlike dinge gedoen. U gee vir ons om. U is heeltemal anders as mense. Daar is niemand soos U nie. Ek het nie genoeg woorde om alles op te noem wat U gedoen het nie. Dit is te veel vir woorde.