Psalms 40:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Welgeluksalig is die man wat die HERE vertrou en die hoogmoediges nie ag nie en nie die wat afwyk tot leuens nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het my ’n nuwe lied gegee, ’n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
Afrikaans 1983 Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê, 'n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het 'n nuwe lied in my mond gelê, 'n lofsang vir ons God. Baie sal dit sien, en ontsag hê, ja, hulle sal op die Here vertrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir my 'n nuwe lied laat sing, 'n lied om ons God te prys. Baie mense het gesien wat Hy gedoen het, en hulle het Hom gerespekteer en gedien, hulle het geglo dat die Here hulle sal help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal ’n nuwe lied tot die Here se eer sing, want Hy is ons God. Baie mense sal raaksien wat Hy gedoen het. Dit sal maak dat hulle op Hom vertrou. Hulle sal Hom eer.