Psalms 40:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het 'n nuwe lied in my mond gelê, lof tot eer van onse God; baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ’n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. |
| Afrikaans 1983 | Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op 'n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het my opgetrek uit die put van verderf, uit die modderige slik. Hy het my voete op 'n rotsbank laat staan, my voetstappe vastigheid gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe het Hy my opgetrek uit die diep gat vol slym en modder, ek het amper daar gesterf. Hy het my op 'n rots neergesit, my voete kon daar vas staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het my uit die dood opgetel. Dit was of ek in modder weggesak het. Nou is my lewe weer op die regte koers. Ek staan sterk. Hy het weer nuwe blydskap in my lewe gegee. |