Psalms 40:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het my ook uit 'n afgryslike kuil, uit die modderige klei laat optrek en my voete op 'n rots gestel en my weë bevestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het na my afgebuig en my geroep gehoor, |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; |
| Afrikaans 1983 | Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het op die Here bly wag, Hy het na my afgebuig en my hulpgeroep gehoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het aangehou wag dat die Here my moet help, en Hy het na my toe gebuig en gehoor hoe ek kla en sug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het lank gewag dat die Here my sou help, en dit het toe gebeur. Hy het na my toe afgebuig. Ek het nie teen die dak vasgebid nie. Hy het my gehoor. Toe ek ernstig hulp gevra het, het die Here my gehelp. Hy het gekeer dat ek doodgaan. |