Psalms 40:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek is arm en behoeftig; tog dink die HERE aan my: U is my hulp en my redder; moenie vertoef nie, o my God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar mag almal wat U dien, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat by U hulp soek, voortdurend sê: “Die Here is groot!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE! [ (Psalms 40:18) Al is ek ellendig en behoeftig -- die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie! ] |
| Afrikaans 1983 | Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: “Die Here is groot!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag almal wat U soek hulle verheug en in U bly wees; mag hulle wat u verlossing liefhet, voortdurend sê: “Die Here is groot!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat vir U wil kom dien, moet vrolik en bly wees, die mense wat wil hê dat U hulle moet help, moet aanhou sê: “Die Here is groot!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat naby U leef, moet opgewonde en bly wees. Laat mense wat weet dat U red, elke dag sê: “Daar is niemand groter as God nie!” |