Psalms 40:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat almal wat U soek, in U bly wees en bly wees; laat die wat u heil liefhet, gedurigdeur sê: Mag die HERE groot wees!
Afrikaans (NLV) 2011 Laat hulle verbysterd wees oor hulle skande, hulle wat sê: “Aha! Ons hét hom!”
Afrikaans 1933/1953 Laat hulle wat vir my sê: Ha, ha! vanweë hul beskaming verskrik wees!
Afrikaans 1983 Laat dié wat my spot, verbysterd staan omdat hulle self in die ellende beland het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag hulle ontredderd wees deur hulle skande, hulle wat vir my sê: “Aha! Aha!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat vir my spot en hulle tong uitsteek, moet groot skrik omdat U hulle so verneder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moet self voel hoe dit is om in die skande te kom. Hulle lag my mos uit en maak ’n gek van my. Laat hulle stom staan.