Psalms 40:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees behaag, o HERE, om my te red; o HERE, maak gou om my te help.
Afrikaans (NLV) 2011 Want rampe het my oorval. Daar is moeilikhede rondom my, dis te veel om te tel! My sondes het my ingehaal; ek kan dit nie ontsnap nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Ek het alle moed verloor.
Afrikaans 1933/1953 Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.
Afrikaans 1983 want ramp op ramp het my oorval, my ongeregtighede het my ingehaal; ek weet nie meer waarheen nie. Hulle is meer as die hare op my kop; ek is moedeloos.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want tallose gevare omring my. My sondeskuld het my ingehaal, sodat ek nie kan sien nie; dit is meer as die hare op my kop. My moed het my begewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie slegte dinge het met my gebeur, dit is te veel om te tel. My sondes is meer as die hare op my kop en U straf my nou daaroor. Ek kan nie meer sien nie, ek kan nie verder gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Duisende probleme het my omring. My sondes het my ingehaal. Ek is nou nog toegegooi onder probleme. Ek kan dit nie tel nie. Hulle is meer as die hare op my kop. Dit maak my heeltemal moedeloos.