Psalms 40:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ontelbare euwels het my omring: my ongeregtighede het my aangegryp, sodat ek nie kan opkyk nie; hulle is meer as die hare van my hoof; daarom begewe my hart my.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, moenie u ontferming van my weghou nie. Laat u liefde en trou my altyd beskerm.
Afrikaans 1933/1953 U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
Afrikaans 1983 Moet my tog nie uitsluit van u ontferming nie, Here, laat u liefde en trou my voortdurend bewaak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U, Here, moet tog nie u ontferming van my weerhou nie. Laat u troue liefde en waarheid my altyd veilig hou,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U, Here, U moenie ophou om jammer te wees vir my nie, U moet altyd doen wat U belowe het, U moet dieselfde bly, dan sal ek veilig wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, ek weet U sal nie ophou om my met u liefde toe te vou nie. Pas my altyd op. Wees lief vir my.