Psalms 40:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weer u barmhartighede nie van my af nie, o HERE; laat u goedertierenheid en u trou my gedurigdeur bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U geregtigheid het ek nie vir myself gehou nie; ek het vertel van u trou en van u reddende mag. In die groot vergadering het ek nie geswyg oor u goedheid en getrouheid nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie. |
| Afrikaans 1983 | Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie, ek het gepraat oor u trou en u hulp. Oor u goedheid en u trou het ek in die gemeente nie stilgebly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U geregtigheid het ek nie in my hart verberg nie, oor u trou en verlossing het ek gepraat. Ek het nie u troue liefde en waarheid vir 'n groot byeenkoms geheim gehou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het nie stilgebly nie, ek het vertel dat U red, ek het gesê dat U doen wat U sê, U help. Ek het vir die groot volksvergadering gesê dat U doen wat U belowe het en altyd dieselfde is. Ek het nie stilgebly nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek praat dag en nag oor die goeie dinge wat U doen. Ek steek dit nie weg nie. Ek vertel dat U getrou is en mense vrymaak. Ek bly nie stil oor wat U doen as die gemeente bymekaarkom nie. |