Psalms 40:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het u geregtigheid nie in my hart verberg nie; Ek het u trou en u heil bekend gemaak; u goedertierenheid en u waarheid het ek nie vir die groot vergadering verberg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het in die groot vergadering geregtigheid verkondig. Ek was nie bang om reguit te praat nie. Here, U weet dit tog.
Afrikaans 1933/1953 Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.
Afrikaans 1983 Met blydskap het ek aan die gemeente vertel U het my verlos. Ek het nie stilgebly nie, Here, U weet dit!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het die goeie boodskap van geregtigheid gebring in 'n groot byeenkoms, kyk, my lippe hou ek nie dig nie. U weet dit self, Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het my gered, en ek het hierdie goeie nuus in die groot vergadering vertel. U moet luister, ek het nie stilgebly nie. Here, U weet dit self.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer u kinders bymekaar is, vertel ek vir hulle hoe regverdig U optree. Here, ek kan nie daaroor stilbly nie. U weet dit.