Psalms 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bring die offers van geregtigheid en stel jou vertroue op die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie sondig as jy ontsteld is nie. Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. Sela
Afrikaans 1933/1953 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
Afrikaans 1983 As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sidder, moenie sondig nie; dink na op julle beddens en wees stil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie sonde doen wanneer julle kwaad en ontsteld is nie. Wanneer julle gaan slaap en julle dink oor die dinge wat vir julle kwaad gemaak het, dan moet julle nie daaroor praat nie. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie. Gaan lê op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil.