Psalms 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar weet dat die HERE vir Hom 'n godvresende afgesonder het; die HERE sal hoor as Ek na Hom roep.
Afrikaans (NLV) 2011 O mensdom, hoe lank sal julle my goeie naam beklad? Hoe lank sal julle valse beskuldigings maak? Hoe lank sal julle leuens najaag? Sela
Afrikaans 1933/1953 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.
Afrikaans 1983 Hoe lank gaan julle my eer nog skend, mense, gaan julle valsheid liefhê en voorkeur gee aan leuens? Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense, hoe lank nog gaan julle my eer skend? Julle het nietigheid lief, julle jaag leuens na.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense, hoe lank wil julle aanhou om my te verneder? Hoe lank wil julle my vals beskuldig en lieg oor my? Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle slegte spul, hoe lank gaan julle my naam nog deur die modder sleep? Hoe lank gaan julle oneerlik wees en aanhou lieg? Maak oop julle oë!