Psalms 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O mensekinders, hoe lank sal julle my heerlikheid in skande verander? hoe lank sal julle nietigheid liefhê en verhuur soek? Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Antwoord my wanneer ek roep, my regverdige God! U staan my by in my verknorsing. Wees my genadig en hoor my gebed. |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! |
| Afrikaans 1983 | O God wat aan my reg verskaf, antwoord my as ek roep. Toe ek in die nood was, het U my bevry. Wees my ook nou genadig en hoor my gebed! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God wat my reg handhaaf, antwoord my wanneer ek roep. Toe ek in die noute was, het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, U weet ek is onskuldig, U moet my antwoord en my help wanneer ek roep. U het my gered toe dit sleg gegaan het met my. Nou moet U goed wees vir my en luister na wat ek bid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God wat my red, help my asseblief wanneer ek by U hulp kom vra! U sorg altyd vir my. U het in die verlede uitkoms gee. In ’n krisis het U ’n sagte hart. Wees asseblief goed vir my. Luister na my gebed. |