Psalms 39:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou, HERE, waarvoor wag ek? my hoop is op U. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mens is net ’n bewegende skaduwee. Al sy gejaagdheid is tevergeefs: Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie. |
| Afrikaans 1983 | Die mens leef soos in 'n droom en hy sloof hom af vir niks. Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As 'n blote skaduwee gaan mense deur die lewe. Ja, terwyl hulle 'n blote asemteug is, werskaf hulle – mense maak bymekaar, maar weet nie wie dit gaan kry nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens se lewe is soos 'n skaduwee wat verbygaan, hy maak hom moeg, maar hy kry niks daarvoor nie. Hy maak baie goed bymekaar maar hy weet nie wie dit sal kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mens se lewe is net soos ’n flitslig wat jy aan- en afskakel. Dit skyn ’n kort rukkie, dan gaan dit dood. Die mens hou hom met baie dinge besig. Hy sloof hom af. Hy maak ’n klomp besittings bymekaar. Maar hy weet nie wie dit alles gaan erf nie. |