Psalms 39:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, elke mens wandel in 'n nietige boodskap; sekerlik is hulle tevergeefs ontsteld: hy versamel rykdom en weet nie wie dit sal insamel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk, U het my lewe ’n blote handbreedte lank gemaak. My lewensduur is byna niks in u oë nie. Al is hy hoe selfversekerd, die mens is verganklik.” Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela. |
| Afrikaans 1983 | Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees, in u oë is my lewensduur byna niks. Ag, alle mense is maar verganklik. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, U het my lewensdae net 'n paar handbreedtes gemaak, en my lewensduur is soos niks voor U. Elke mens wat stewig staan, is 'n blote asemteug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet, U sal my nie lank laat lewe nie, vir U is die tyd wat ek lewe, soos niks. Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U gee my maar ’n kort lewe. In u oë is ’n mens se lewe amper niks. Ons gaan so gou dood. |