Psalms 39:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, U het my dae soos 'n handbreedte gemaak; en my ouderdom is soos niks voor jou; waarlik, elke mens in sy beste toestand is heeltemal nietigheid. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Here, sê my tog wanneer is my einde. Wat is die getal van my lewensdae? Laat my besef hoe lank my lewe nog sal wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is. |
| Afrikaans 1983 | Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here, en hoeveel dae daar vir my oor is, sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Here, maak my einde aan my bekend en die getal van my dae, hoeveel dit is. Ek wil weet hoe verganklik ek is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet vir my laat weet wanneer ek sal sterf. Hoe lank sal ek nog lewe? Ek wil weet wanneer my lewe verby sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir die Here gevra: Hoe lank sal ek nog leef? Hoe kort gaan my lewe wees? Ek wil weet hoeveel tyd ek nog oorhet! Wanneer kom my einde? |