Psalms 39:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My hart was warm in my, terwyl ek die brandende vuur peins; toe het ek met my tong gespreek: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe ek daar in stilte bly staan en nie oor goeie dinge kon praat nie, het my ontsteltenis groter geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker. |
| Afrikaans 1983 | Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het toe stilgebly, doodstil; ek was stil sonder om 'n woord te sê, maar my pyn het vererger. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het nie gepraat nie, ek het stilgebly, maar dit was nie goed vir my nie, my pyn het meer en meer geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het my mond gehou en nie ’n woord gesê nie. Maar toe ek so stilbly sonder om te praat oor die goeie, het my hartseer net al hoe groter geword. |