Psalms 39:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek was stom van stilte, ek het geswyg, selfs van die goeie af; en my droefheid het geroer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gesê: “Ek sal bedag wees op wat ek doen en nie sondig met wat ek sê nie. Ek sal versigtig wees om nie te praat in die teenwoordigheid van die goddelose nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my lewe en nie sondig met wat ek sê nie. Ek wil nie 'n woord praat as 'n slegte mens my teëstaan nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het my voorgeneem om te let op my optrede en my tong van sonde te weerhou; ek moet 'n wag voor my mond plaas wanneer goddeloses in my teenwoordigheid is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gedink ek wil nie dinge sê waarmee ek sonde doen nie, ek wil my mond toehou wanneer 'n mens wat verkeerd doen, voor my staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gedink dat ek baie goed moet kyk hoe ek leef, want ek wil nie verkeerde dinge sê en so sonde doen nie. Voordat ek praat, sal ek eers mooi dink wat ek sê. As ek naby ongelowiges is, moet ek nog versigtiger wees as ek praat. |