Psalms 39:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spaar my, dat ek krag kan herstel voordat ek hiervandaan gaan en nie meer is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister tog na my gebed, Here! Luister na my geroep om hulp! Moenie my trane miskyk nie. Want ek is soos ’n vreemdeling by U, ’n bywoner soos my voorouers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders. [ (Psalms 39:14) Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie. ] |
| Afrikaans 1983 | Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming aangewese; U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hoor tog my gebed, Here, en luister na my hulpgeroep; moenie swyg by my trane nie, want 'n •vreemdeling is ek by U, 'n bywoner, soos al my voorgeslagte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet luister na my gebed, U moet luister hoe ek kla en sug. U moenie maak of U nie my trane sien nie, want ek is by U soos 'n vreemdeling, U het vir my woonplek gegee vir 'n kort tyd, soos vir my voorvaders. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my as ek bid, Here! Hoor tog as ek om hulp smeek! Moet my nie ignoreer as ek huil nie. Ek is by U soos ’n uitlander. Ek voel soos iemand wat nie deel van ’n familie is nie. U moet vir my sorg, anders is dit klaarpraat met my. |