Psalms 39:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoor, o HERE, my gebed en luister na my hulpgeroep; swyg nie oor my trane nie, want ek is 'n vreemdeling by jou en 'n bywoner soos al my vaders.
Afrikaans (NLV) 2011 As U ’n mens straf oor sy sondes, verteer U dit wat hy begeer soos ’n mot. Daar is geen twyfel nie: Elke mens is waarlik verganklik. Sela
Afrikaans 1933/1953 Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.
Afrikaans 1983 As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien, verteer U hom soos 'n mot 'n kleed. Ag, alle mense is verganklik. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met straf oor sondeskuld wys U 'n mens tereg; asof 'n mot dit verteer, laat U dit wat vir hom waardevol is, wegsmelt. 'n Blote asemteug is elke mens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer U 'n mens straf oor wat hy gedoen het, dan laat U alles verdwyn wat vir hom kosbaar is, dit is soos 'n mot wat klere vreet. Ja, niemand is soos hy moet wees nie. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As U mense straf oor hulle sonde, bly daar niks van hulle oor nie. ’n Mens leef maar net vir ’n kort tydjie.