Psalms 39:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer U die mens met teregwysings tug oor ongeregtigheid, laat U sy skoonheid soos 'n mot verteer; sekerlik is elke mens nietigheid. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Neem tog u beproewing weg van my! Ek is uitgeput weens die las wat U op my lê.
Afrikaans 1933/1953 Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.
Afrikaans 1983 Neem tog weg die smart waarmee U my getref het. Die las wat U my opgelê het, laat my krag ingee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Neem u teistering van my af weg; onder die krag van u hand vergaan ek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moenie aanhou om my te straf nie, U het my baie geslaan, ek is amper dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat dit tog weer weg. Dis vir my verskriklik as U die rug vir my keer. Ek kan nie meer nie.