Psalms 38:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | HERE, al my begeerte is voor U; en my gekerm is vir jou nie verborge nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is uitgeput en heeltemal platgeslaan. Ek kreun met ’n versugting uit ’n gebroke hart. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart. |
| Afrikaans 1983 | Ek is gedaan en heeltemal platgeslaan, my hart jaag en ek brul van die pyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is kragteloos, heeltemal verpletter, ek kreun vanweë die onstuimigheid van my hart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is naby my einde, ek kan nie meer aanhou nie, ek brul soos 'n leeu, want alles in my voel deurmekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My krag is op! Ek is platgeslaan. My liggaam ruk soos my hart van ontsteltenis klop. Ek skree van die pyn. |