Psalms 38:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want my ongeregtighede het oor my hoof gegaan; soos 'n swaar las is hulle vir my te swaar.
Afrikaans (NLV) 2011 As gevolg van u toorn is my hele liggaam beseer; as gevolg van my sonde is elke been gebreek.
Afrikaans 1933/1953 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
Afrikaans 1983 Deur u toorn is daar nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie, deur my sonde is daar nie meer 'n heel plek aan my lyf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is geen gesonde plek aan my liggaam nie, vanweë u vervloeking. Daar is geen vrede in my gebeente nie, vanweë my sonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My hele lyf is seer omdat U vir my kwaad is, niks in my is heel nie omdat ek sonde gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is baie siek omdat U vir my kwaad was. Die verkeerde dinge wat ek gedoen het, laat my gesondheid ingee.