Psalms 38:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek is gereed om te stop, en my droefheid is altyddeur voor my.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek vra U: “Moenie dat hulle bly word oor my leed, of hulle oor my verhef as ek struikel nie.”
Afrikaans 1933/1953 Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!
Afrikaans 1983 Ek vra U: “Moenie dat hulle hulle verlustig in my leed en hulle groot hou as die lyding vir my te veel word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, ek het gesê: “Anders is hulle verheug oor my, is hulle selfvoldaan teenoor my wanneer my voet swik.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want ek vra vir U: U moenie dat hulle bly word oor wat met my gebeur nie, U moenie dat hulle spog wanneer ek val nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee tog dat hulle nie bly is oor my lyding nie. As ek tot ’n val kom, is hulle baie bly daaroor. Hulle dink hulle is beter as ek.