Psalms 38:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So was ek soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teregwysings is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar ek hou my doof vir hulle dreigemente. Voor hulle bly ek stil soos iemand wat stom is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar ek hou my doof, ek hoor niks, ek hou my stom, ek maak my mond nie oop nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek, ek is soos 'n dowe, ek hoor nie, ek is soos 'n stomme wat nie sy mond oopmaak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek? Ek maak of ek doof en stom is, ek hoor nie en ek praat nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ek hou my doof. Ek hou my mond en sê niks. |