Psalms 38:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek, soos 'n dowe, het nie gehoor nie; en ek was soos 'n stom man wat sy mond nie oopmaak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle wat my lewe soek, stel vir my ’n lokval; hulle wat my ondergang soek, maak planne om my te vernietig. Hulle dink die hele dag aan verraderlike planne. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog. |
| Afrikaans 1983 | Dié wat my lewe soek, stel vir my strikke, dié wat daarop uit is om my kwaad aan te doen, praat al klaar van my ondergang; die hele dag deur dink hulle vals beskuldigings teen my uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle wat my lewe soek, stel strikke. Hulle wat my leed wil aandoen, dreig my met vernietiging. Die hele dag is hulle fluisterend aan die konkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat wil hê dat ek moet sterf, wag dat ek iets moet sê of doen waaroor hulle my kan beskuldig. Die mense wat wil hê dat dit sleg moet gaan met my, praat oor hoe hulle my kan laat doodmaak, hulle dink die hele dag aan vals dinge teen my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is mense wat wil hê ek moet doodgaan. Ander wil hê ’n ramp moet my tref. Hulle maak oneerlike planne teen my. Hulle versprei leuens oor my. Hulle wens dat ek sal val en bly lê. |