Psalms 38:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My hart smag, my krag begewe my; die lig van my oë, dit is ook van my weg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U weet wat ek begeer, Here. U hoor elke versugting van my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie. |
| Afrikaans 1983 | U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My Heer, al my versugtinge lê ontbloot voor U, en my gesug is nie vir U verborge nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My Here, U weet alles wat ek wil vra, U hoor hoe ek kla en sug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U weet wat ek graag wil hê! Wat ek van U afsmeek, is geen geheim nie. |