Psalms 37:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Rus in die HERE en wag geduldig op Hom; wees nie kwel oor hom wat voorspoedig is op sy weg, oor die man wat slegte planne uitwerk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie.
Afrikaans 1933/1953 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
Afrikaans 1983 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees stil voor die Here, en krimp ineen van vrees voor Hom. Moet jou nie ontstel oor iemand wat sukses behaal op sy lewenspad nie, oor 'n mens wat komplotte smee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet stilbly en geduldig wag totdat die Here iets doen. Jy moenie kwaad word wanneer dit goed gaan met iemand wat skelm planne maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Buig laag voor die Here. Wag op Hom sonder om veel te sê. Hou op om jou so om te krap oor hoe goed dit met skelms gaan.