Psalms 37:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het gesterf, en kyk, hy was nie; ja, ek het hom gesoek, maar hy kon nie gevind word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie!
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
Afrikaans 1983 en toe ek weer verbykom, was hy nie meer daar nie; ek het hom gesoek en hy was nêrens nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar toe iemand weer daar verbygaan, was hy weg! En toe ek hom soek, was hy nêrens te vinde nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe ek weer daar verbykom, toe was hy nie meer daar nie. Ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar toe ek weer kyk, was hulle weg. Net mooi niks het van hulle oorgebly nie.