Psalms 37:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog om die land te besit; as die goddelose uitgeroei word, sal jy dit sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vertrou die Here en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. |
| Afrikaans 1983 | Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wag op die Here, en hou by sy pad, dan sal Hy jou aansien gee om grond te besit. Jy sal toekyk wanneer goddeloses uitgeroei word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy belowe en jy moet lewe soos Hy wil hê. Dan sal Hy jou die hoof van die land laat word, en jy sal sien hoe die mense wat verkeerd doen, uit die land moet weggaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hou die Here se hand styf vas; doen net wat Hy sê. Op die regte oomblik sal Hy jou hoog bo al jou probleme uitlig. Hy sal sorg dat reg aan jou geskied wanneer jy voor die hof gedaag is. Jy sal sien hoe die sondaars ondergaan. |